Welkom by KragDag

Die nuutste voorspellings wat deur die media gepubliseer word, dui daarop dat beurtkrag iets is wat nog vir die afsienbare toekoms met ons gaan wees. Daar is selfs berigte wat beweer dat dit vir tenminste die volgende drie jaar nog die voorland van Suid Afrika gaan wees. Dit is juis vanuit die duisternis van 2008 dat KragDag gebore is, en daar is geen beter tyd as nou om te belê in oplossings wat die Eskom impak op jou huishouding en besigheid sal minimaliseer nie.

Begin deur na ons Uitstallerslys vir 2014 te loer vir die kenners by wie jy kan kers opsteek. En dan is ‘n goeie tweede stap om 26 en 27 Junie 2015 te reserveer vir jou besoek aan KragDag 2015.

Doen jou eie ding! ... Maak elke dag ’n KragDag!

  Die KragDag Ekspo, wat die hart van die KragDag netwerk is, is 'n geleentheid waar oplossingsverskaffers en die publiek op grootskaal by mekaar kom ten einde produkte te vergelyk, navraag te doen oor verskillende oplossings en mense te bemagtig met die nodige kennis.   Een dag uit driehonderd-vyf-en-sestig dae was nie meer goed genoeg nie. KragDag se nuwe Kuber Markplein is oop vir besigheid. Dit gee u die geleentheid om produkte aan te skaf wat verband hou met die doelstellings van KragDag (ingesluit sommige produkte wat by die KragDag Ekspo's uitgestal word.)  
   
Ons vertrou dat die inligting wat ons hier verskaf vir u opgewonde sal maak en u sal inspireer om 'n selfbehoudlewenstyl na te streef, as u dit nog nie doen nie. Mag KragDag boonop nuttig wees om u vir hierdie strewe toe te rus.   Telefoon: 087 231 1644
Fax: 086 771 1091

Epos: info@KragDag.co.za
Facebook: www.facebook.com/KragDag
Twitter: @KragDagEkspo