Baie welkom by Kragdag se webtuiste. Ons vertrou dat die inligting wat ons hier verskaf vir u opgewonde sal maak en u sal inspireer om ’n selfbehoudlewenstyl na te streef, as u dit nog nie doen nie. Mag Kragdag boonop nuttig wees om u vir hierdie strewe toe te rus. Ons sien ook uit daarna om u by Kragdag 2012, ons ekspo geleentheid wat op 23 Junie 2012 plaasvind, te sien.
Registrasies
Registreer nou as Besoeker vir Kragdag 2012
Deur vooraf te registreer as besoeker vir Kragdag 2012, kry jy 25% afslag op ons R20 (per volwassene) toegangsfooi en word jou ingang by die hek aansienlik bespoedig.
Word ‘n Uitstaller by Kragdag 2012
Indien u belangstel om by Kragdag 2012 uit te stal, klik gerus hier vir meer besonderhede of om aansoek vir uitstalruimte te doen.
Registrasies
Registreer vir Kompetisies
Kom meet jou kragte by Kragdag 2012!
Jy word uitgenooi om jou uitvindersvernuf en jou ontwerpers gees te kom demonstreer. Pryse sluit in kontant, studielenings en vakansiewerk.
Deel gerus jou wenke en idees met ons deur 'n kort beskrywing per epos te stuur aan info@kragdag.com
Die Doel met Kragdag
Deur Kragdag word produkbekendstellings en opvoedkundige inligting oor alternatiewe lewenstyloplossings beskikbaar gestel ten einde selfbehoud vir huishoudings, hoewe- en plaasbewoners en klein ondernemings te bevorder. Die fokus is om self- of onderlinge versorging moontlik te maak op ’n manier wat wegdoen met afhanklikheid van groot verspreidingsnetwerke. Hierin word veral klem gelê op volhoubaarheid, effektiewe ontwerp om energie- en waterverbruik in te perk, benutting van alternatiewe energie, veiligheid en selfs voedselproduksie.
Of in kort:
Doen Jou Eie Ding!!!
Radio Pretoria Rubriek Inligting
Kyk en Luister na al die Opnames van die Radio Pretoria Uitsendings
Biogas Biogas verwys na ‘n gas wat ontstaan tydens die biologiese ontbinding van organiese materiaal. Biogas ontstaan uit die afbreek van biogeniese materiaal en word daarom as 'n biobrandstof beskou.
Sonverhitting Radio Pretoria onderhoud met Johan Cloete van Sun Pays oor sonverhittingstelsels.
AuraGen Het jy geweet jou motor se alternator is net 35% effektief? Klink 80 – 90% vir jou nie beter nie? Veral as jy dit wil gebruik om jou eie windlaaier te bou. Lees bietjie van hierdienuwe kragopwekker en laat weet ons wat jy dink.
OPOC Enjin Het jy gedink jou nuwe Hilux dubbelkajuit 3 liter diesel is boosaardig sterk en boonop lig op diesel? Dis nog niks.Gaan kyk na die video om te sien wat kry EcoMotors reg met hulle nuwe OPOC enjin! Met minder as 50% van die bewegende dele gaan dit waarskynlik nog heelwat goedkoper wees om te vervaardig ook nog!
'n Woordjie deur die Organiseerders Hendrik en Alida Verwoerd
Verhoogde kragtariewe? Elektrisiteit 'n luukse? Terug na lamp en kers en primus? Gelukkig hoef dit nie! Alhoewel elektrisiteit van Eskom vir baie van ons 'n swaar las word, is daar gelukkig 'n nuwe beweging na alternatiewe kragbronne en word Eskom met sy reuse tariefverhogings juis die stimulus vir nuwe uitvindings en die ontwikkeling daarvan.
Sedert Kragdag se ontstaan het verskeie produkte wat nog slegs in 'n eksperimentele fase was, praktyk geword. Nuwe produkte het op die mark verskyn. Nuwe kennis het na vore gekom.
Ons is nie meer oorgelewer nie!!
MAAK ELKE DAG ‘N KRAGDAG !
Videos
'n Video waarin Mark Tiepelt van Biogas SA vir ons meer inliting verskaf oor Biogas.
Eie ondernemerskap is ’n belangrike element van selfbehoud en daarom bied ons aan kinders die geleentheid om hulle eie stalletjie by Kragdag 2012 te bedryf, sonder om vooraf daarvoor te betaal (kostes is 10% van die stalletjie se wins).
Opneem van ’n stalletjie is ook ’n outomatiese inskrywing.
Skakel Alida Verwoerd vir meer besonderhede by 083-258-5239